Monthly Archives: June 2021

Suid-Afrika

Suid-Afrika

En hoor jy die magtige dreuning
oor die veld kom dit wyd gesweef
gehul in stof
die buffeltrop.
Ja ‘n prentjie van ons Suid-Afrika.

En hoor jy die magtige dreuning
oor die duine kom dit aan gesweef
branders wat breek teen die rots
al langs ons lange kus.
Ja ‘n prentjie van ons Suid-Afrika.

En hoor jy die magtige stilte
oor die Karoo kom dit tot niks
ge-kerker tussen ons magtige berge
‘n hemelse stilte en rus.
Ja ‘n prentjie van ons Suid-Afrika.

© Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Donker

Donker

Elke silwer rand het ‘n donker wolk
dit grom en blitse dans daarin rond.
Blaas dood die kers en beleef die donker.

Hulle sê “Van lekker lag
kom lekker huil”.
Blaas dood die kers en beleef die donker.

Op elke voetpad lê daar ‘n klip
waarteen jy jou voet gaan stamp.
Blaas dood die kers en beleef die donker.

Jou voetpaadjie soms reguit
maak baie draaie.
Blaas dood die kers en beleef die donker.

Aan die einde van jou lewenspad
lê die dood en wag.
Blaas dood die kers en beleef die donker.

© Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Need I say anything .

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Life is a Dream

Tonight the moon winked at me
I swear
well it could have been a star.
What does it matter
I am free
like a bird in the sky.
I’ll spread my wings
and fly
fly away to the land of dreams.
Don’t worry about me
life is a dream
a dream for me.

© Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Die Traan

Wat is daar in jou oog
‘n splint
‘n balk
nee dit is waaragtig ‘n traan
waar kom dit vandaan
pyn
omgee
liefde
dit kom uit jou hart
nou wonder ek maar net
ja ek wonder…

© Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized

As

Waar kom jy vandaan
My liefste Lila
die lewe het ons ‘n streep getrek.
Ek weet as is verbrande hout
maar as…

Jou Bekende Vreemdeling.

© Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized

My Langkloofnooi

My Langkloofnooi

Ruik jy die Renoster bos
as jy agter die skaap aanloop
hoor jy die brandwag roep
my Langkloofnooi
sien jy die berg se voue
met hul droë loop
my Langkloofnooi
onder, die appel en perske boorde
die wit opstal waar ons mense woon
my Langkloofnooi

© Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized

In Kleur

Die Skildery

Stuur vir my ‘n skildery in kleur
van die dae toe ons nog jonk was
toe liefde nog ons gebind het.

Stuur vir my ‘n skildery in kleur
van die geboorte van ons meisiekind
ons eersteling so cute.

Stuur vir my ‘n skildery in kleur
van ons seun
so woelig en kruipend agter goggas.

Stuur vir my ‘n skildery in kleur
van jou
sodat ek kan onthou.

My skilderye is nie meer in kleur
net vaal en dof
grys en grou ek kan nie meer onthou.

Net swart is wat ek sien
ek verlang na jou in kleur
toe ons nog was.

© Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized