Monthly Archives: October 2017

Die Wens

O die wens

wat ‘n wonderlike ding

skakelaar van verbeeldingsvlugte.

O ek wens ek was…

of dalk…

© Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Genade

Deur God se genade.

In die sementpyp
half versink in die sand
waar die koue deurbloei tot die murg.
Met geslote padkaart oë, lê hy daar.
Sy lewe vergemaklik met kombers en matras van koerant.

Waaraan lê hy en dink?
Dalk aan toe hy nog ‘n man en vader was,
aan die dae voor sy val?

Styf geklem die half papsak wyn,
verweer teen die honger pyn.

Onthou hy nog die tafel,
gedek met skoon gerei?
Die skaapboud,
gebraaide aartappels en brood?
Van voor dié tyd van nood.

Dalk ‘n warm bad en klere skoon?
Alles is dalk net ‘n droom?

But for the grace of God…

© Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Depressie

GEVREESDE SIEKTE VAN DIE EEU.

Luister na die suiwer klank…
So het hul haar daar gekry,
dwarsfluit styfgeklem
met die sagte luier van die motor.

2

Lig fladder die wind sy blonde hare
sy gesig ongeskonde.
Die gebroke liggaam soos ‘n kruis tussen die rotse gesper.
Van Stadensrivierbrug skadu hoog bo die toneel.

3

Die reuk van buskruit kronkel uit die loop.
Rooi spatsels teen die muur.
Met dowwe oë staar hy na die dak.

4

Depressie.
Die gevreesde siekte van die eeu.
Sommige verstaan…
Ander nie…
As jy hom beleef
dan sal jy weet van die donker
die wanhoop…
die pyn…
ook van die hel vir hul wat agter bly.
Donker…

© Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Die Trotsaard se val.

Heupdiep staan hy daar in die groen

wolke kaatsend in sy oë blink

met ‘n glimlag glo hy, dat hy sy mielies kan hoor groei,

tevrede draai hy om.

Donker,

vou op vou

ontvou die wolke oor die veld

dreigend grynslaggend die blitse

haelswaar swanger,

met dreuning rol hul aan.

Trots kan lei tot ‘n val

die geloof in self

ontkenning van afhanklikheid

beplanning vir die vul van môre se skure

bring vir jou dié hel.

© Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Wat is die lewe tog.

As jy dink,

net energie synapse wat vuur

kontak

ontkoppel

kontak

ontkoppel

als te vergeefs.

Wat is die lewe tog?

© Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Toekomsblik

Eensaam

soos biddende hande

of beskuldigende vingers,

die murasie mure.

Eens trotse plaasopstal, Eikehout vensterrame en deure, as brandhout gebruik.

Rooi geroeste trekker

in daklose skuur,

teken van verwaarlosing.

Leë beeskraal,

gebarste watertrog, bo draai ‘n eensame aasvoël.

Windskeef probeer die windpomp water drink.

Nee stront man!

Wat gaan hier aan?

Gewillige koper, gewillige verkoper,

uit die Wet geskryf.

Beset…

beset…

Regstellende aksie afmetings oorwin.

© Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Splitsing

‘n Stingel dik
vanuit die grond
reik die hemel in
ontvou sambreelkop kroon.
Stilte…
stilte…
stilte…
dan kom die knal
‘n knal uit die hel
stofwolk…
bome…
diere…
gedra deur stormwind.
Bestraling
doodelik…
doodelik…
doodelik…

Dan…
niks…
niks…
NIKS.

© Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Karringmelk

Karring

karring

karring die room na botter.

Flap

flap

flap die houtspaan die botter.

Stadig

stadig

stadig vloei die karringmelk.

© Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Magic

The life of magic is the mystery thereof

the mystery of life is therefore magic.

The heavens above and all below is a mystery

therefore abounding in magic.

The enquiring mind unravelling the mystery

kills the magic.

© Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized