Monthly Archives: March 2017

Die Godsdiens Freak 

DIE GEVOELLOSE.

Wie is jy om my te oordeel
jy van die kerk?
Wat weet jy van my?
Het jy dalk al die snye op my polse gesien?
Ja jy,  preutse vrou,
wat jou man uit wellus sal verneuk
maar ek wat ‘n kind moet voed, moet my bene sprei.
Ja jy,  man van die kerk, wat as die skemer kom,met dwalende oë loer.
Het jy al gewonder hoe ek hier kom?
Dalk ‘n pa, ‘n broer of ‘n kêrel wat my dwing
met ‘n foto of ‘n ding.
Onskuldige grap met ‘n gratis dwelm
maar nou moet ek betaal.
Ja jy, jou godsdiens freak, ken jy jou Bybel?
Daar sal jy sien, jou heilige voorvaders,
het van ons dienste gebruik gemaak.
Jy oordeel my, sonder dat jy iets van my lewe weet.
Is jy beter as Jesus, jou Heer?

Gois 

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Watch “Spore in Sement” on YouTube

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Tyd 

Relatiwiteit van tyd 

gister en vandag 

lê in die diepte van die lagplooitjies 
Gois 

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Misverstande 

‘n Wapen in ‘n onhandige hand 

‘n woord gespreek 

sny waar dit nie moes 

deur die eeue 

lewens 

verhoudings verwoes. 
Gois 

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Eensaam 

Die eensame see 

stil en leeg 

vol lewe. 
Gois 

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Gewas 

​Gewas 

uitgespuug op sand 

wat eens was 
Gois 

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Voetspore 

​Jou voetspore loop deur my lewe 

soos sand deur ‘n uurglas 

die lig is geblus. 
Gois 

Leave a comment

Filed under Uncategorized

The Cape Town Treat 

The coffee treat 

where friends do meet 

at Cup and Cake 

life is sweet 

I lost my heart 

to the Cape Town beat. 
Gois 

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Ons Huisie 

Twee twee loop ons saam 

of vlieg waar ons wil gaan 

na ons huisie by die see
Gois 

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Die Rusplek 

‘n Rusplek langs jou lewenspad 

die see 

die son 

die donker nag 

‘n rusplek waar jy wag 

sag ruis die see 

of storm teen die rotse slaan 

rusplek wat jou kalmte gee 
Gois 

Leave a comment

Filed under Uncategorized