Monthly Archives: July 2019

Splinters en Skerwe

Skerwe van versplinterde drome
gesaai oor die lewenspad
blinkoogtrane vloei in strome
tussen splinter en skerf
gebroke lewens dryf
saam met die tranestrome
verby die skerwe
van versplinterde drome.

© Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Sirkel Tyd

Rustig rus blare op watergraf
wagtend die afbreek van selle
stadig na die modder te sak
om weer deel te word van voeding brandstof vir nuwe lewe
in die eindlose
sirkel tyd.

© Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Werk en Oorleef

Kyk hoe werk die mier
ook stoor hy sy wins
kyk hoe besig is die by
sy arbeid van soet gestoor
kyk hoe vreet die sprinkaan
alles op
vir niks gewerk
los net verwoesting
waar hy gaan
trek in swerms ongenooid
geen grense wat hom keer.
Mense oe en aa
verblind deur sy kleur
solank hy net nie klop aan hulle deur.

© Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Maan.

Kyk hoe gly jou strale teen die krans
skakerings
grys
silwer
goud
O liewe Maan
met jou gesig so rond
wegkruiperspel
tussen tak en wolk
knipoog met sterre saam

© Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Oggendster

Die Môrester hang helder
groet die dag
om later op te staan as die Aandster.

© Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Oh To Be Free

Oh to be free

When I die
send me no flowers
I cannot take them with
Send me a song of joy
released from this plane of sorrow
then set my spirit free
on a longboat to the sea
whence I came
where I can roam
the oceans
the waves
and follow the four winds
to a place
no one knows, but the free.

© Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Feesmaal Seemaal.

Seemaal Feesmaal

Woerrel-warrel slinger die brander in die skeur
druk en beur
wit, skuimvlek die blou
krap skarrel skeef weg
slank lank seekat arm te gou
hy word deur agt omvou
kraakvars is hy nou
feesmaal
seemaal
vir die agtpoot meisiekind.

© Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Vir Jou my Vriend.

Vir Jou my Vriend

Ek skryf hierdie vir jou my vriend
‘n lang pad het ons saam gestap
lank gelede
in die tyd toet
voor ons kon tel
het ons ontmoet
ons paaie het geskei
maar die herinneringe het gebly
nie een meer dieselfde
maar ons herinneringe het gebly.
Ek skryf hierdie vir jou my vriend
tot ons eendag weer ontmoet.

© Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Laeveld-Bosveld

Laeveld-Bosveld

Raasblaar Sekelbos en Drolpeer
staan naasmekaar
klipkop uit een rots bestaan
Vaalbos verskuil
Bosbok Klipspringer en Koedoe -koei
Hiëna lag en uil roep sag
in die nag
goud en groen lemoenboorde
verbreek die vaal
hul soetgeur reeds verby
winteroestyd naby
die Laeveld-bosveld is die plek vir my.

© Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized