Monthly Archives: February 2017

Ken jy hom? 

Ek ken hom 

in die donker kom hy aangesluip 

ek ken sy naam 

sy naam is vrees
Ek ken hom 

in die hoeke sit en lag hy 

ek ken sy naam 

sy naam is vrees 
Ek ken hom 

hy is verlamming van die gees 

ek ken sy naam 

sy naam is vrees
Ek ken hom 

Ek ken sy naam 

sy naam is vrees
Ken jy hom? 
Gois 

Leave a comment

Filed under Uncategorized

In South Africa 

​Ek sal jou moor 

jou wit etter 

jy het my land gesteel 

skree Juju 

president giggel en dans 

SAHRC bly stom 

want ANC slaan die trom. 
Gois 

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Spore in Sement 

​Al sit ek hier alleen 

onthou ek ons tye saam 

jou glimlag 

verf die prentjies in my kop. 

Soos ons spore verdwyn op die strand 

onthou ek 

dit was eens daar 

nes jy en ek. 

Met ‘n kop wat begin knik 

al is hy grys 

onthou ek ons. 

‘n Vlegsel wit 

oë blou 

wat is ek sonder jou. 

Kom verf weer ons storie saam 

jy is my prentjie 

onthou ek tog. 

Grys word die wêreld 

gedagtes ook 

maar helder gekleur 

jou prentjie. 

Vir altyd saam 

soos spore in sement. 
Gois 

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Trys

​Vir my kleinsus
Donker hare 

                         bruinoë 

pragtige kind 

                         dan ‘n vrou. 

Vandag is sy weg 

                           net ‘n herinnering 
Gois 

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Moeder se Gebed 

​Met geboë hoof 

knielend langs die bed 

diep in gesprek met haar Heer 

“Vader hou U hand oor hom in die nagwaak, 

hy is nog net ‘n babatjie klein ”
Met geboë hoof

die Grootboek oop op kombuistafel 

diep in gesprek met haar Heer 

” Vader hou U hand oor hom by die skool 

hy is my seun ”
Oë opgehef in skietgebed 

” Vader hy is nou groot. 

Hou U hand oor hom hy is my seun ”
Met laaste asem sag 

” Vader wie gaan nou vir hom bid? 

Hou U hand oor hom hy is my seun ”
Gois 

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Moederhart 

​Wat sien jy my kind 

in die liggies wat flikker 

kyk die man in die maan 

knipoog skaam 
Wat sien jy my kind 

feetjies wat dans in die woud 

sandman kom 

vir jonk en oud 
Wat hoor jy my kind 

die sag fluistering van moeder se stem 

‘n wiegelied 

net vir jou gesing 
Afrikaans my kind 

jou moedertaal 

jou te voer na droomland 

waar die feetjies jou kom haal 
Slaap sag my kind 

moederhart waak oor jou 
Gois 

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Dineo 

​Dineo whence do you come from 

havoc floods and churning seas 

thine calling card 

Spawned from ocean and atmosphere 

thine force a fearsome sight to see 

Whale and fish on the beach 

and feathers from the sky 

Pull back 

Pull back 

O Dineo. 
Gois 

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Afrikanervolk Waarheen? 

​Trek uit vaderland 

opsoek na vryheid 

Afrikanervolk 
Weer gebind 

Britse kroon 

Afrikanervolk 
Noordwaarts 

weg van juk 

Afrikanervolk 
Stig twee vryestaat 

vryheid smaak 

Afrikanervolk 
Ander se gierigheid 

ontneem vryheid weer 

Afrikanervolk 
Vroue en kinders word vermoor 

op hul knieë forseer 

Afrikanervolk 
Stadig opbou 

na vryheid weer

Afrikanervolk 
Vryheid 

republiek geword 

Afrikanervolk 
Land verdeel 

elke volk is vry 

Afrikanervolk 
Ander wil niks weet 

gee ons liewer wat aan 

Afrikanervolk behoort 
Vryheid weer ontneem 

reënboognasie nou die kreet 

Afrikanervolk nou waarheen? 

Gois 

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Destruction 

​With a roar and clap lightning struck the tree 

ozone mingled in the air 

a flame birthed amongst the splinters 

for all to see 

destruction glorified 

His finger pressed the button 

a streak of flame 

a missile on it’s way 

mushroom cloud for all to see 

destruction glorified 

Thus man about to play 

for all to see 

destruction on it’s way 

man’s greed and earth to pay. 

Gois 

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Die Lewe 

​Die lewe is soos spore in die sand 

gewis te word deur golf en wind 

eens duidelik 

dan krummel die rand

wie sal weet 

van my spore in die sand 

vlugtig hier gewees 

dan niks 

soos spore in die sand. 
Gois 

Leave a comment

Filed under Uncategorized