Monthly Archives: November 2019

Dragtig

Dragtig

Gedra op die wind se rug
dawerend luid die trop
se galop
geel en wit
grys en swart
almal swaar dragtig
oor die veld kom hul aan.
‘n Verblindende flits
‘n donderende knal.
Asof hiervoor gewag
bars die vrugwater voort
spoel oor die verdorde aarde
opgesuig soos moedersmelk.
Die wolke
nou leeg geseën
kombers die aarde
in vertroeteling
met beloftes van meer reën.

© Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Sê My Waarom

Sê My Waarom

Hulle is skaars negentien
op patrollie in die bos
knal en plof
vlees-en-bloed in die stof
eenkant lê ‘n voet.
Dokter sê my tog
waarom dan die sweet
met die Guyfox-klapper-knal
nagmerries in helderkleur
as die helikopterlemme draai.
Ons was skaars negentien
op patrollie in die bos.

© Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Abracadabra

Abracadabra

“I create as I speak”
I create as I think
I create as I write.
The electron pulses
create thoughts
colour the canvas
deep in the grey matter.
We are creators
each and every one of us
the occult creation amongst
the brain folds
knowing or unknowing
hazy or brilliant
that we are.

© Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized

IT

IT

T’s with wonder that I contemplate the intricacies of mankind
man’s fascination with horror and fear
they thrill at stories of the living dead
Zombies, murder and death
at night they cannot sleep
fear is their opium
but with the quickening of dawn fear disappear
and they appear normal once again.

Are we normal?

© Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Stryd om Christelike Nasionale Onderwys

Stryd om Christelike Nasionale Onderwys.

Hervormde Kerk in die Zuid-Afrikaansche Republiek wat primêr bely-dende kerk wou wees. Terselfdertyd was dit feitlik vanselfsprekend dat Goddefroy hom met hierdie teologie ook sou skaar aan die kant van diegene wat hulle vir die beginsel van Christelik-nasionale onderwys beywer het. Ook hiervoor het Goddefroy hom lewenslank beywer. GODDEFROY SE NEDERLANDSE Tydperk Spoedig na sy bevestiging in sy eerste gemeente Lage-Zwaluwe het Goddefroy aandag begin gee aan die saak van die jeug, en van die begin af het hy duidelik standpunt ingeneem dat dit moes geskied in ooreenstemming met die gedagte van ‘Christelijk Nationale Schoolon-derwys’. Hierdie spoedige standpuntinname en optrede ten gunste van Christelik-nasionale onderwys dui daarop dat Goddefroy waarskynlik reeds as student sterk oortuigings in hierdie verband gehad het. Hoewel hyself nooit uitdruklik daarna verwys nie, is dit heel waarskynlik so dat sy eie onderrig in die Waalse Weeshuisskool en sy eie ondervinding as onderwyser baie daartoe bygedra het dat hy vanaf die begin van sy predikantsloopbaan tot die einde toe so ‘n besielde voorvegter vir Christelik-nasionale onderwys was. ‘n Latere opmerking van hom dui vermoedelik wel in die rigting: ‘Van der jeugd af was het, door Gods genade mijn lust bezig te zijn in de dingen onzes grooten Koning, Jezus Christus en dien gekruisigd’ (Goddefroy 1890: 127).Goddefroy het hom aangesluit by ‘n ‘Vereeniging voor Christelijk Onderwijs’ wat in 1861 in Nederland opgerig is. Die stigting van hierdie vereniging was die gevolg van ‘n nuwe onderwyswet wat in 1857 in Nederland ingevoer is deur die Minister Van der Brugghen. Die wet het in die onsekere situasie ten opsigte van onderwyssake aan die een kant groter stabiliteit gebring, maar aan die ander kant tog die neutrale onderwys, soos voorgestaan deur die modemistiese en liberale denkers van die tyd, in die staats- of openbare skole gevestig. Artikel 23 van die betrokke wet het wel onder andere bepaal dat die opleiding ‘tot alle Christelijke en maatschappelijke deugden’ moes geskied. Maar in die lig van die feit dat dit basies neutrale onderwys was en in die Nederlande van die negentiende eeu die ‘Christelijke deugden’ in alle godsdienste teruggevind is, kon hier nie juis ernstig sprake wees van onderwys in Christelik-nasionale gees nie. Die feit dat van Christelike deugde sprake was in die wet, het dit nog geensins in ‘n Christelike rigting of gees gestuur nie en die liberales het uitdruklik verklaar:60HTS 43/1 & 2 (1987)
. . . alle deugd noemen wij Christelijk, en ieder, die braaf leeft, is ons de beste burger’ (Een Medestrijder 1888: 5).Vir die voorstander van die besondere Christelike onderwys en die skool met die Bybel soos onder andere Groen van Prinsterer, was hierdie wet ‘n groot teleurstelling. Dit het in elk geval spoedig duidelik geword dat diegene wat neutrale onderwys voorgestaan het inderdaad die oorwinning behaal het. Aan die een kant het daar wel groter vryheid gekom vir die oprigting van besondere skole, tog was dit vryheid sonder gelykheid. Veral in finansiële opsig was dit baie duidelik. So is belasting van die hele burgery wel slegs vir die staatskole gebruik, terwyl die voorstanders van Christelike onderwys en opvoeding die finansiële verpligtinge van die besondere skole alleen moes dra.Tog was dit nie die finansiële aspekte nie, maar die neutrale karakter van die openbare of staatskole wat die grootste besware aan die regsinnige kerklike hoek ontlok het. Groen van Prinsterer het die besware vanuit hierdie rigting soos volg onder woorde gebring:. . . het karakter der openbare school waar neutraliteit, karakter­loosheid en algemeenheid kenmerkend zijn. De grootste vijand is de richting, die de rede verheft boven het geloof en het Christendom een bijgelovig dwaasheid noemt’ (Langedijk 1935: 85).Om hulle saak te bevorder, het die voorstanders van die Christelike skool op 16 November 1860 en 23 April 1861 ‘n ‘Vereniging voor Christelijk Onderwys’ opgerig. Hoewel hy nie die inisiatief geneem het by die oprigting nie, was Groen van Prinsterer tog die hart van die vereniging. In die breedopgestelde artikel 1 van die ‘Concept Regle­ment’ is drie aangeleenthede verwoord, naamlik:• die beginsels en grondslae van die vereniging,• die besware teen die Onderwyswet van 1857 en• wat die vereniging as sy taak gesien het om die onderwys en opvoeding in Nederland op gesonde voet te kry.Die artikel het soos volg gelui:De Maatschappij, gegrond op de onveranderlijke waarheden, wier levenskracht in het tijdperk der Reformatie, ook hier te lande, voor Kerk en School met zegenrijke luister geopenbaard heeft, is gewijd aan de bevordering van het Christelijk-nationale schoolonderwys en gaat daarbij van de volgende hoofgedachten uit:HTS 43/1 & 2 (1987)61
(a) Die inrichting van de openbare school voor Roomsgesinde en Protestant, voor Israeliet en Christen, gelijk de wet van 13 Augustus 1857, art 16 en 23, ze voorschrijft,/ i s voor de behoeften van eene Christelijke natie en althans voor den Protestantschen Christen geheel onvoldoende;(b) Zondag- en Bijbelsche leerscholen, hoe wenschelijk ook, kun­nen niet anders dan een tijdelijk en gebrekkig hulpmiddel zijn.(c) Geen wezenlijk redmiddel dan in de bezondere school se burgerlijk en godsdienstig onderwijs omvat.(d) Verplichting van elke Christelijke en dus van de Hervormde Kerk, om hierin te voorzien.(e) Verplichting der gemeenteleden, in overleg zoveel doenlijk, met Herders en Leeraars, om dit taak over te nemen, waar de Kerk, in haar reglementairen vorm, werkeloos blijft.(f) Oprichting van scholen, waar bij onbelemmerd en doeltref­fend gebruik der Heilige Schrift en trouwe voorstelling der volkshistorie, het onderwijs in nuttige kundigheden aan Christelijke opvoeding wordt dienstbaar gemaakt.(g) Verleenen van geldelijke tegemoetkoming, inzonderheid waar eigen belangstelling en veerkracht openbaar is (Langedijk 1935: 92).Dit was geensins die bedoeling van die vereniging om in sektariese of seperatistiese gees skole op te rig of die Protestantse kerke teen mekaar af te speel nie. Groen van Prinsterer het uitdruklik verklaar: ‘. . . de vereeniging wil geen gezindteschool, noch wil de eene Protestantsch kerk tegenover de ander stellen, maar alleen de belijdenis der Her­vormde Kerk als den gemeenschappelijke grondslag aanvaarden.’Vir hulle moes dit die skool met die Bybel wees.Die vereniging het redelik vinnig oor die hele Nederland versprei en het van die begin af die kerk, en dan by name die Hervormde Kerk, by al sy werksaamhede betrek. Hoewel talie predikante nie wou saamwerk nie, was daar tog ‘n groot getal wat wel hulle medewerking gegee het en juis as gevolg van hulle deelname het die vereniging vat op die volk gekry.Goddefroy het die beginsels van hierdie vereniging van harte onder- skryf en sy daadwerklike steun aan die oprigting en vestiging van sulke skole gegee. So volmondig het hy met die beginsels saamgestem en so ywerig het hy dit uitgedra dat hy, ten spyte van heftige teenstand van62HTS 43/1 & 2 (1987)
die kant van die liberale tydgees en predikante wat die modeme rigting toegedaan was, met taaie volharding volgehou en dit deurgevoer het.Te Lage-Zwaluwe het Goddefroy weliswaar geen teenstand ondervind nie, maar wel hartlike samewerking. Die kerkraad van Lage- Zwaluwe het hulle eenparig by hom geskaar en die dringende behoefte erken van minstens ‘n bewaarskool te Lage-Zwaluwe. ‘Waar de kinderen worden voorberei voor het gewoon lager onderwijs en zij een opvoeding ontvangen naar den eisch des Evangelies’ (Handelingen van de Kerkraad 1877).Goddefroy was nie tevrede met net die erkenning van die behoefte nie en onder sy aansporing het die kerkraad verder besluit:. . . dewijl het de algemeene overtuiging is van den Kerkeraad dat het in die gegeven omstandigheden zijn roeping is voor te gaan en handelend op te treden, zoo wordt in deze vergadering besloten ernstige pogingen aan te wenden tot oprichting van een Diaconie- Bewaarschool te Lage Zwaluwe – en een oproeping te doen van belangstellenden in die Gemeente om een commissie samen te stellen, bestaande uit de Kerkeraad met nog vijf andere leden der Gemeente tot oprichting van een Diaconie-Bewaarschool te Lage Zwaluwe.Goddefroy het, as voorsitter van die kommissie, met ywer aan die werk gespring met die oog op die insameling van fondse. Op 18 Desember1877 kon die kerkraad kennis neem dat reeds sowat 500 guide ingesamel is. Enkele maande later was die fondse genoegsaam en kon met die skool begin word.In Goddefroy se derde gemeente, naamlik die kombinasie Achlum- Hitzum, het daar ‘n heeltemal teenoorgestelde situasie ten opsigte van Christelike onderwys op hom gewag. Waar dit te Lage-Zwaluwe maklik was om die gedagte van Christelik-nasionale onderwys te propageer en hy daarom ook daadwerklik iets kon doen, het hy te Achlum-Hitzum die bitterste teenstand ondervind wat baie wysheid en volhardende deursettingsvermoë van hom geverg het.Die beroep van Goddefroy na Achlum-Hitzum was besonder interessant en merkwaardig omdat hy ten spyte van die feit dat hy as regsinnige bekend was, tog na ‘n sogenaamde liberale gemeente beroep is. Dat die Gemeente Achlum-Hitzum bekend gestaan het as ‘n liberale gemeente, het voortgespruit uit die feit dat beide Goddefroy se voorgangers liberaal was en dat ook die sogenaamde Floreen-Kerkvoogden, wat die kerklike goedere en fondse en daarom prakties ook die kerkraadHTS 43/1 & 2 (1987)63
beheer het, ook die rigting toegedaan was. Op die moontlike verklarings waarom Goddefroy tog beroep is, kan hier nie ingegaan word nie, maar feit van die saak is dat dit onvermydelik op botsings sou moes uitloop. Trouens reeds op die eerste kerkraadsvergadering onder voor- sitterskap van Goddefroy op 14 Augustus 1882 is besluite geneem wat die botsing onafwendbaar gemaak het. Op die vergadering is naamlik op aandrang van Goddefroy reeds ‘n besluit op die kerkraadsvergadering geneem om so gou moontlik met ‘n Christelike Bewaarskool te begin (Handelingen van de Kerkraad 1882).Goddefroy se onmiddellike doelstelling was die totstandkoming van ‘n Christelike bewaarskool. Dit het uiteindelik tog ‘n gewone Christelike laerskool geword. Langs die kerkgebou het ‘n ou skoolgebou gestaan wat die eiendom van die gemeente was, maar op daardie stadium in onbruik geraak het. Die probleem was egter dat die beheer oor die gebou sowel as oor die kerklike fondse wat nodig was vir die totstandkoming van die skool, in die hande van die liberale kerkvoogde was. Toe die kerkraad dus besluit het om ‘n Christelike Bewaarskool te begin en om vir die doel die ou skoolgebou asook die nodige fondse van die kerkvoogde te vra, was dit inderdaad net so goed as ‘n oorlogverklaring. Vir die volle vyf jaar wat Goddefroy in die gemeente gedien het, het die stryd voortgeduur met die jare 1884 en 1885 as die beslissende jare. Hier het Goddefroy koel, beredeneerd en omsigtig, maar tog met vasberadenheid en ‘n taaie volharding, die stryd teen die liberales en ten gunste van die Christelike onderwys gevoer. Van die kant van sy teenstanders is van allerlei metodes gebruik gemaak en selfs metodes soos afdreiging, belastering en fisiese geweld is nie ontsien nie. Goddefroy het hom egter op geen wyse van sy doelstelling laat afsien nie en die volgende verklaring op 3 Augustus 1885 deur die kerkvoogde het die uitslag van die stryd weergegee (Goddefroy 1885: 34):De ondergetekenden, te zamen uitmakende het College van Kerk­voogden en Notabelen der Ned. Hervormde Gemeente te Achlum verklaren dat zij bereid zijn, zo veel de kerkefondsen dit maar enigzins toelaten, de totstandkoming en onderhouding van de School voor Christelijk Nationaal Onderwijs te Achlum te bevorder en. Die pad was nou oop vir die totstandkoming van die Christelike skool, waarvoor Goddefroy hom vanaf sy aankoms te Achlum beywer het. Die skool kon op 5 Desember 1885 begin met 60 leerlinge toe H Dun as64HTS 43/1 & 2 (1987)
eerste hoof deur Goddefroy geïnstalleer is. Die skool, wat steeds bestaan, is ‘n bewys van Goddefroy se vermoë om sy ideale in dade te omskep en terselfdertyd is dit ook ‘n monument van Goddefroy se oorwinning oor die liberales te Achlum. Die liberales het wel nog vir etlike jare daarna voortgegaan om allerlei lastighede in die weg van die kerkraad te lê, tog was dit duidelik dat hulle rol uitgespeel was en hulle invloed vinnig afgeneem het. Hulle het self hulle nederlaag erken toe hulle in November 1885 ‘n versoek tot die kerkraad gerig het om een diens per maand volgens hulle opvatting in te rig. Nou kon die kerkraad, vanuit ‘n posisie van krag, die versoek afwys en selfs ‘n skerp woord tot die liberales rig om hulle verontrusting van die gemeente te staak. Goddefroy se ywer vir die saak van die Christelike nasionale skool- onderwys het ook nie net beperk gebly tot die oprigting van die Christelike skool te Achlum en Hitzum nie. Hy het ook oog daarvoor gehad dat bevoegde onderwysers vir die Christelike skole in dieselfde gees opgelei moes word. Vandaar dat hy hom baie sterk beywer het vir die oprigting van ‘n Christelike Normaalskool vir die opleiding van onderwysers. Ook in dié opsig het Goddefroy sy ideaal in vervulling sien gaan met die oprigting van ‘n Christelike Normaalskool te Frane- ker, ‘van welke stichting hij van de oprichting af predikant en eigenlijk de ziel was’ (Engelbrecht 1945: 54).GODDEFROY EN ONDERWYS IN DIE ZUID-AFRIKAANSCHE Republiek Goddefroy het sy standpunt ten opsigte van Christelik-nasionale on­derwys in sy nuwe vaderland net so vasberade voorgestaan. Binne die Nederduitsch Hervormde Kerk was dit egter maklik omdat sy gedagtes ten nouste aangesluit het by die wat hy in die Kerk aangetref het. Hy kon dus voortbou en uitbou op wat reeds bestaan het. Net soos hy hom uit oortuiging van harte met die ideale en strewe van die Nederduitsch Hervormde Kerk vereenselwig het, so het hy hom in die Zuid-Afrikaansche Republiek vereenselwig met die sogenaamde Hollander-Afrikaner element op die politieke en onderwysterrein. Dit het beteken dat hy ‘n sterk ondersteuner was van die Paul Kruger-party en dat hy die onderwysbeleid van dr N Mansvelt, Superintendent van Onderwys in die Zuid-Afrikaansche Republiek, onderskryf het. Dit het weer ingehou dat hy ‘n teenstander was van die genl Piet Joubert-partyHTS 43/1 & 2 (1987)65
en die sogenaamde Kolonialer-Afrikaner element wat in die verenigde kerk sy grootste steun gehad het. Dit is merkwaardig dat Goddefroy, nog voordat Mansvelt Superintendent van Onderwys geword het, reeds gedagtes uitgespreek het wat later meegebring het dat hy deur Mansvelt as medestander erken is. Uitsprake van hom op die Algemene Kerkvergadering van 1890 in verband met die opleiding van predikante is hier van groot belang. Daar het dit geblyk dat hy die Nederlandse taal, sedes en gewoontes as belangrike faktore gesien het vir die handhawing en uitbouing van die Afrikaner-identiteit. Daarom was dit vir hom vanselfsprekend dat die kinders Nederlands op skool moes leer en dat hulle na hulle skoolonderrig by gebrek aan ‘n eie universiteit na Nederland moes gaan. Van ‘n eie universiteit vir die Zuid-Afrikaansche Republiek was Goddefroy wel ‘n voorstander, maar hy het nie verwag dat dit gou verwesenlik sou word nie. Hierdie gedagtes van Goddefroy was presies dieselfde wat Mansvelt in sy onderwysbeleid in die oog gehad het. Ook hy was ‘n voorstander daarvan dat die onderwys deur middel van Nederlands sou geskied en ook hy was van mening dat, ten spyte van die Volksraadsbesluit van 1889, die oprigting van ‘n eie universiteit nie gou werklikheid sou word nie. Die Staatsgimnasium wat in 1893 in Pretoria geopen het, moes dien vir die vooropleiding gerig op universitêre studie in Europa en dan veral in Nederland. Dit was juis hierdie ooreenkoms in siening wat Mansvelt, hoewel nie intiem bevriend met Goddefroy nie, genoop het om hom in 1895 te nooi om lid te word van die kuratorium van die Staatsgimnasium. In sy brief aan Goddefroy het hy by hom aangedring om die benoeming te aanvaar omdat ‘wij in den grond der zaak hetzelfde beoogen nl. de handhaving en opbouwing van het Hollandsche-Afrikaansche element in Zuid- Afrika, met name in Transvaal’ (Leyds-argief 696). Goddefroy het dus in vemame geselskap verkeer wat sy siening van onderwyssake in Transvaal betref. Goddefroy het drie vereistes gestel waaraan ‘n onderwyser moes voldoen, maar waaruit tog ook na vore kom wat hy van die onderwys as sodanig verwag het. Die drie vereistes was: 1. Men kieze ‘n vakman; d i ‘n man spesiaal als onderwijzer opgeleid en gediplomeerd. 2. Men kieze ‘n nasionaal man; d i ‘n man, die de gevoelens van’t Afrikaanse volk ken en deelt.66HTS 43/1 & 2 (1987)
het, dan verwys hy ook na ‘n boekie uit die pen van ds SJ du Toit met die titel ‘Die Bijbel in Afrikaans’, waarin voorgestel word dat die Bybel in Afrikaans vertaal moet word. Dit blyk dan dat hy beswaar het teen die vertaling van die Bybel in ‘n ‘mengelmoes en brabbeltaal’ en hy stel: Nooit ofte nimmer hebben wij gehoord, dat Ds Bosman, die toch zegt de kloppingen van het volkshart zoo goed beluisterd te hebben, ook maar enigzins tegen deze aanranding des Bijbels gewaarschuwd heeft, nog veel minder dat hij was teleurgesteld; geschokt, bedroefd, verontwaardigd (Goddefroy 1890: 114).Dit is ook waar dat selfs Pannevis in 1874 na die gesproke Afrikaans as ‘n ‘brabbeltaal’ verwys het, terwyl SJ du Toit se poging tot vertaling van die Bybel in die spreektaal hom in ‘skokkende plathede’ laat verval het. Buitendien was ds Du Toit se veranderde politieke koers ook nie juis ‘n faktor om sy Bybelvertalings populêr te maak onder die nasionaalvoelende Afrikaner van sy tyd nie. Goddefroy se afwysing van ds Du Toit se pogings tot die vertaling van die Bybel in Afrikaans het waarskynlik nie beteken dat hy die op- en uitbou van die spreektaal van die Transvaalse Afrikaner volledig verdoem het nie. Soos meeste van die predikante het hy op daardie stadium nie die lewenskragtigheid en die ontwikkelingsvermoë van Afrikaans as taal behoorlik gepeil nie. Na die Tweede Vryheidsoorlog dink hy in hierdie verband wel anders. Hy is dan nog steeds ten gunste van Nederlandse onderwysers, maar hy erken dan tog die reg van die Afrikaner en die Afrikaanse taal. Gaarne erkennen wij de recht en de plicht van de Afrikaner, om zoveel mogelijk zich zelf te zijn en zich zelf te helpen. Moeten wij niet billiken de begeerte om in Kerk en Staat zich zelf te besturen, en alleen gelaten te worden? Ja, wij waarderen tot op zekere hoogte het streven dergenen, die moe van klieken en koterieën, het der wereld luidkeels toeroepen: ‘Geef ons ‘n kans! Zelfs Chauvinisme (onredelike verkleefdheid aan eigen persoon en naam en land), zowel als ‘hollander-phobie’ (vrees voor instroming en overheersching van Hollanders) kunnen toch voortkomen uit ‘n oprecht begeerte om land en volk goed te doen. Ook oor die taal was hy dan nie meer so afwysend nie. Die voorwaarde wat hy stel is dat daar genoegsame boeke en literatuur moes kom en voor alles ‘n Afrikaanse Bybelvertaling:. . . en maak inmiddels dat ‘t Afrikaans, als schrijft- en leestaal,68HTS 43/1 & 2 (1987)