Monthly Archives: June 2018

Teardrop

Leave a comment

Filed under Uncategorized

My Bos

My Bos

Die houthakkers kap lustig in my Bos
skeurende pyn
met elke reus wat val
binnekort
geen meer Bos.

Tyd vir nuwe groei
nuwe reuse
my Bos
word iemand anders se Bos.

© Gois

1 Comment

Filed under Uncategorized

Kontras

KONTRAS

Onthou
Elke lewe
het ‘n dood
Onthou
elke silwerrand
het ‘n donker wolk
Onthou
Elke helder dag
word gevolg deur ‘n donker nag
Onthou
van lekker lag
kom lekker huil
Onthou
die lewe van ‘n reënboog
is van korte duur
Onthou
die helder volmaan
verbrokkel tot ‘n donkermaan

© Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized