Monthly Archives: September 2017

Love

The wind whistles unseen flowers bloom unaided unexpected love flowers.

© Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Time and Tide

The tide waits for no one

flecks of the sea fly

then nothing.

© Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Suid-Afrika

Hef op jou oë

sien die blou

die grys

die reën

die sneeu.

Strek jou arms

gryp jou hoop

jou drome.

Hef jou stem

in harmonie

met jou mede Suid Afrikaners

vir ons land Suid-Afrika!

© Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Our Beautiful Country

Lift up your eyes to the heavens

the blue

the star filled night

the rain and snow

the warming sun.

Lift up your arms

take hold of the rays

of your hopes and dreams.

Lift up your voice

to sing in harmony

for this beautiful country of ours.

© Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Stilte

Skel skreeu die wind

golwe donder neer

skuim spat en vlieg

onder die oppervlak…

stilte.

© Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Helaas, dit is verby

Wanneer die son sak vir die laaste keer

die wind terugkeer na die sterre

dan traan die aarde

oor haar verlore kinders

vernietig deur hul gierigheid.

Sugtend

helaas.

Dit is verby.

© Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Wie is ek?

Hoe kan jy my verstaan
as ek nie eens myself verstaan.
Ek huil as die volmaan blom,
die reën op die sinkdak dans.
Lag vir die wollerige donker
as hy die son omvou.
Soms huppelstap
soms sleepvoet draf
wie is ek.

© Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized

EENDAG AS EK GROOT IS

Eendag as ek groot is, wens ek ‘n krokodil te wees.

Met my sware logge lyf, gewigloos deur die water dryf. net oogbanke bo die water, geen teken van my lyf,

Tuurend na die oewer, opsoek na my prooi Sien hom, meet hom. Sak die donker dieptes in. Elke spier gespan, stadig versnel, plotslings sekuur uit die water spring, gedierte uit die hel.

Geen wegkom kans, klap die kake om sy lyf tol en rol om uit te skeur, die sappig vleis van my prooi.

Ja eendag as ek groot is.

Kyk hoe lyk ek nou.

© Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized

JY

Rooi-bloeiend

jou lippe

op die glanspapier

stormsee-grys

jou oë

wind-golwend

jou blonde hare

vlekkeloos satyn

jou blanke vel

Die foto

‘n prentjie

ge-brandyster op my hart.

© Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Lente

Lente spring

in die lug

geure

blommeprag

bonte kleure

aarde gee

nuwe lewe

© Gois

1 Comment

Filed under Uncategorized