Hoor jy die magtige dreuning
oor die veld kom dit aangesweef
blitse ruk die hemele aan flarde.
Voël en dier raak stil.
Soos stormramme
donker dragtig kom hul aangerol
om hul vrugwaters oor die aarde te stort.
Druppels word strome
strome riviere
riviere vloede
modder met bome wat nie verder kon vasklou
vloed verby.
Vars
vernuwe
vrede
tussen hemel en aarde
span die sewe kleurige boog
van horison tot horison.
Gois