Monthly Archives: August 2015

Die gevreesde profeet

Die profeet gryp ‘n vers hier
‘n paar daar en sie daar sy profesie is waar
sy volgelinge val voor hom neer.
Hy is die een wat weet
die eindtyd voorspel
“tekens van oorloë, aardbewings, hongersnood”
Ja, dit is voorspel
maar vergeet tog nie, wat is, was al, wat kom, ook
moet nie glo in die spook.
Menige profeet sal kom en gaan
die mens lei soos ‘n skaap
almal hulself uit vrees vergaap 
die profeet is ‘n aap.

Kyk na Sy Woord
vrees nie
jy wat Hom volg.

Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Geskei

image

Nou geskei
eens saam
‘n eenheid
tog los
saam begin
beurend strydend
Jou merk het jy aan my gelos
my gemerk as deel van jou
vir almal om te sien
om my te herinner
aan jou.

Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized