Monthly Archives: January 2020

The Flower Children



The Flower Children.

Vertel dit soos dit was.
blommekinders met stringe in die hare.
Plakate swaai “make love not war”
“ban the bomb” en lê by hom, maak nie saak wie hy was.

Vrye liefde was die ding
Hiepie kind kom lê by my in my “van”
Op die deur staan geskryf
“Ma don’t laugh, your daughter might be within”

Lê met bene gesprei soos ‘n sker
Nog ‘n dwelm trek aan die “pot”
blomme in die hare, voel ‘n veer, hoeveel was dit nou weer?
wie gee om ek tel nie meer.

Die sestigs was die tyd van die “hiepie hiepie shake”
viagra? nog nie op die mark, “what the hell”
nie nodig die volgende ou reeds reg vir die sker.
Woodstock lê nog voor.

Dankbaar tog HIV nog in die verskiet
anders was ‘n nasie tot niet.
Ag ja ek was nog te jonk om dit te geniet
“wear flowers in your hair”

© Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized

KransBurgers

KransBurgers

Penorent sit hy daar
gooi sy skel-vloeke oor die kloof
skel-vloek word hy geantwoord
krap-skrop die wyfies vir skerpioen en uintjies rooi-boude in die lug
kleintjies skarrel klaend met sterte styf
bollemakiesie oor mekaar
wyl brandwag se skel-vloeke kaats teen die krans
eggoend tot onder in die kloof.

© Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized