Monthly Archives: February 2019

Die Onthou Pad

Die Onthou Pad.

Soos ek deur my gedagtes loop
plek-plek klits die brandnetels van onthou my ou bene
plek-plek salf die geur van lemoenbloeisels van onthou my neus
die moeite werd om die paaie van onthou te loop
brandnetels en lemoenbloeisels is deel daarvan.

© Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Verlange.

Verlange.

Hier langs my eensaam bosveld-vuur
luister ek na die knetter – knatter van die hardekool
wat vonke die nag instuur
op hul pad verdwyn
die klaag-roep van ‘n uil
klink bo die krieke-koor
maar my hart is vêr
vêr in die suider-land
vasgevang op Blouberg se strand
dit is waarheen ek verlang
die geruis van branders blou
waar seemeeu op lugstrome dans
en Tafelberg lê in wolk toegevou.

© Gois

1 Comment

Filed under Uncategorized

Sestien Onse is ‘n Pond.

Die mans weet dit is bog
as sy sê “ons moet nog…”
hy het al geleer
dit is net “een” elke keer
die “ons” is enkelvoud weer en weer.

© Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Verlange

Verlange

Ek mis die roep van die Visarend uit die blou lug
ek mis die reuk van ‘n kampvuur in die bosveld nag
ek mis die klik-klak van die wiele op die spoor van Kaap tot in Transvaal
ek mis die roep van die mishoring in die mis
ek mis die sout-reuk en knars van sand onder my voete langs die see
ek mis die lag van kinders wat speel in die park
ek mis jou hand in myne wyl ons gesels en geheime deel
ek mis jou!
Nou sit en wag ek vir die matrone om my na die eetkamer te stoot
om my tyd met oues te deel.
Geen besoek van kinders of kleinkinders
om my dag op te kikker.

© Gois

1 Comment

Filed under Uncategorized