Monthly Archives: February 2018

Vriende en Vyande

Die kunstenaar het ‘n prentjie in sy kop
met skaaf en skuur maak hy die beeld perfek
botsende kleure
met die kwas verskyn ‘n kunswerk op die doek.
Ons word saam geplaas
gemeng
skaaf mekaar
skuur mekaar
word ‘n kunswerk in lewe
onthou.

Dankie vir die tyd saam met julle
julle het my geskaaf
geskuur
verander tot ‘n beter ek.

© Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Die Vrees

Ek hoor hom in die nag
ek hoor hom in die dag
sy fluistering loop rillings teen my ruggraat af.

Ek sien hom in die nag
ek sien hom in die dag
maar baie duidelik om en by middernag.

Ek voel hom in die nag
ek voel hoe in die dag
sy hande vat tog so sag.

Wie sal my kan sê
hoekom hy so styf teen my kom lê
in die nag
ook vir die hele dag?

Hy maak my bang
hy maak my benoud
hoekom bly ek alewig koud?

© Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Fashion Fundi’s

For the fashion fundi’s in the know
please explain my questions now.

Men with trousers so tight
it pushes their balls up their throat.

Don’t forget the ladies now
they give themselves a wedgie
back and front.

Oh yes and the modern hipster
showing a full moon split.

How do they get into those trousers now?
Hire municipal roadworkers
to vibrate them in?

Peel them off
like a banana skin?

I’ll leave the camel-toe
for now.

© Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Staatshospitaal

Die skuifel – stap van die siekes
tjir-tjir van rolstoel wiele
babas wat huil
hoekom is ons hospitale vuil?

Wag vir jou lêer
op stoele hard
uiteindelik hoor jy jou naam
verpleegsters wink jou saam.

Weer harde stoele
net ‘n ander gang
wag wag weer
en die pyn bly seer.

Verhaal van ‘n dag
in ‘n Staatshospitaal
dalk sal jy wag
vir nog ‘n dag.

© Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Dit is So.

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Reën

Luister hoe val die reën sag-deurdringend uit die grys vlietend hangend aan ‘n blaar die silwer druppels in ‘n skaar. © Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Die Wonderwerk

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Eendag

Kaalvoet loop jy deur my hart hand aan hand saam oor die sand

hoor hoe fluister die golwe

die meeue vlietend

kras

skuimflokkies dansend

waar ons eendag stap hand aan hand op die strand.

© Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Verlore

Wanneer jou “Muse” jou verlaat
sit jy soms
of altyd
sonder raad.

Gedagtes kom en gaan
gryp jy hier
of gryp jy daar
vir ‘n derde keer kraai die haan.

Omring deur kleure
soms helder
of soms vaal
maar verlore die soete geure.

© Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized