Monthly Archives: June 2019

Die Dromer

Vryval is vir die dromer
van die berg se piek
tot die see so diep
soos hy vryval in die somer
prentjies flits verby
en hy gryp dit bly
sy vryval drome
is alleen hom beskore.

© Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Ons Land

Ons Land

O ja ek is siek van die lewe in die stad
my voete vat die wandelpad
oor berg en dal
en overal
deur bosveld
Karoo
en Kamdebo
draai suid na Agulhas se punt rustig langs die see
geniet ons mooi land se natuur
weg van die lewe in die stad.

© Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized

First Love

First Love

With your hair so fair
and eyes so blue
you knocked my heart off of kilter
when you looked at me I nearly drowned in your eyes
you were my first love
my only love
and I knew you would marry me.

© Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Vir Estelle

Vir Estelle

Bloubergstrand waar jou liefde lê
blou van die lug
versmelt in die see
links waar Tafelberg in die wolke
wegkruipertjie speel
spook-krappies in see-bamboes vroetel.
Daar waar jou spore in die sand
steeds onsigbaar lê
jou herinneringe oopgevlek
van kindwees dae.
Estelle onthou
Bloubergstrand koester jou.

© Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Dae van Wie Weet

Dae van Wie Weet

Tafelberg smelt saam
blou met die see
Bloubergstrand se kant
hand aan hand loop ons oor die sand.

Ek en jy
droomverlore
na waar die son in die see verdrink
goud en rooi
waar branders saggies vir ons sing.

Ons onthou die dae
van wie weet
dalk eendag saam
ek en jy al langs die see.

© Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Dae van Wie Weet

Dae van Wie Weet

Tafelberg smelt saam
blou met die see
Bloubergstrand se kant
hand aan hand loop ons oor die sand.

Ek en jy
droomverlore
na waar die son in die see verdrink
goud en rooi
waar branders saggies vir ons sing.

Ons onthou die dae
van wie weet
dalk eendag saam
ek en jy al langs die see.

© Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Die Blouberg

Die Blouberg

Die Blouberg is jou berg
jy draf guitig op sy strand-sand
huppelend soos ‘n kind
kop omhoog
dansend
uitbundig stuur jy jou lag
hemelwaarts
om opgevang te word
in Sy hand.

Groot-oog staar jy na Sy skildery.

© Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized

My Venus

My Venus

Ek onthou jou laggende oë
die ondeunde vonkel van stout wees
jou betowerende kurwes
waarin ek kon verdwaal
jy…
my Venus de Millo.

© Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Werkloos

Werkloos

Jy kyk na die horlosie
dit is net ‘n halfuur later
niks om na uit te sien
jou sestien uur werksdae is verby
geen trokke om uit te stuur
geen lesings te gee
nie ‘n opleidingsessie voor te berei.

Ja jy het die legioen van afgetredenes
betree
die gevoel van nuttelose bestaan
sny diep
donker gedagtes
net leë ure lê voor
O om weer te kan werk
jou brein op te skerp.

© Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized