Monthly Archives: May 2020

Dit is Verby

Wanneer die son sak vir die laaste keer
die wind terugkeer na die sterre
dan traan die aarde
oor haar verlore kinders
vernietig deur hul gierigheid.
Sugtend
helaas.
Dit is verby.

© Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Verskille

Verskille

Tussen die rook en gas
lê die stad
geverf in grys met trane roet
sterre dof en moeg in die nag.

Gee my die wandelpad
oor berg en dal
geverf in blou en groen
die geel van ‘n ryp koringland
waar sterre blink-skitter in die nag.

Gee my ‘n boot met seile wit
wat klim en daal oor golwe
grys en groen
met wit perde op die horison
en ‘n helder Suiderkruis
my die pad te wys.

Die wind skuif die duin
korreltjie vir korreltjie
in die oop blou lug
en die helder skoon nag.

© Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Blue

Blue

Out of the blue they came
wings folded backto plunge into the blue
to rise from the blue
into the blue
with their silver catch.

Out of the blue
they glide into the blue
in silver streaks
from wave top
to wave top
plunging from the blue
back into the blue.

© Gois

1 Comment

Filed under Uncategorized