Category Archives: Gedigte / Poems

I have a Dream 

I have a dream 

a dream to be a poet 

a writer 

not like the known 

just 

yes just 

with a style of my own. 
© Gois

Leave a comment

Filed under Gedigte / Poems, poetry

Ek Onthou 

Saam stap ons langs die see 

nie meer huppelend soos lank gelee 

van bankie tot bankie 

al rustend 

luister hoe gesels die see 

hy praat met my 

stadig kom herinneringe terug 

stadig soos my treë. 
Gois

Leave a comment

Filed under Gedigte / Poems

Liewe Maan 

Liewe Maan 
Al is jy skerppuntig

rond of half

soms donker

of helder verlig 

ons weet jy is daar

soos geloof

om te glo 

in wat jy nie sien. 
© Gois 

Leave a comment

Filed under Gedigte / Poems

Lied van die See 

Die Lied van die See 
Hoor hoe sing die wind 

kabels van die mas word slap 

soos die boot rol oor die golf 

dan vioolsnaar styf met ‘n klap 

agtergrond tromme van die see orkes 

branders gee aanslag op die rots 

simbaal geruis 

soos water oor die sand aan suis 

kakofonie van klank 

tog as jy fyn luister 

jou oor instel 

sal jy die ritme vind 

die ritme van die see se lied
© Gois 

Leave a comment

Filed under Gedigte / Poems

A Child Again.

Dew drops brilliant by moonlit night
nighttime rainbows bright
where faeries slumber in nook and cranny
and elves and gnomes play out of sight
This is where I want to be.
Young again
in dreams enfold
a child
without a care.

Gois

Leave a comment

Filed under Gedigte / Poems

Die Mens Gemaakte Sweer.

Die Mens Gemaakte Sweer

Stadig vloei dit
plant en dier se lot
mens gemaakte dood
die wêreld te verrot.

Skoorsteen en motor spu dit uit
gemak vir mens geskep
te hel met wêreld nood
die mens gemaakte dood.

Atoom gebreekte krag
verwyder mens en dier
uit die nou en hier.
Vullis vloei in die rivier.

Oseaan geblok
kannie meer filtreer
die mens gemaakte sweer
en so lui die klok.

Wêreld beraad ‘n klug
gierigheid wen weer
daar is geen keer
aan mens gemaakte sweer.

Gois

Leave a comment

Filed under Gedigte / Poems