Monthly Archives: May 2016

Ons Land (deel 2)

Waar rooi grond wit ontmoet
Soetdoring Swarthak en Kameelboom troon
Vlermuis fladder Jakkals blaf teen die hang
Soete klanke van Bosveld nag
die Berghaan môre fluit
Ons sonnig land

Gois

image

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Ons Land (deel 1)

Wolk omringde kranse
split grys die blou
swart spikkels dryf lui die stil hemel
soos stof op die bril
fluit kreet verbreek die stil
fladder vlerke teen die hange
groet die dag
ons sonnig land

Gois

image

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Unconditional

There is a kindness given without though
a kindness without expected reward
no thought of colour race or creed
a kindness during a time of need.
Some will call it compassion
others just stand amazed
but I know from whence it comes
this love inside.

Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Dood Waar is jou Angel?

Van stof tot stof
kom die prediker’s woord
somber.

Binne my
die vreugde juigend
ek is vry.

Met ope arms die ontvangs
langs die hemeltroon
staan die Lam.

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Moedersdag

Alhoewel jy nie meer hier is nie
bly moedersdag spesiaal vir my
jou sagte moederstem my aan die slaap gesus

Die pyn van verlies
te groot te verstaan of te vertel
maar moeder sal jy bly
in my lewe
toekoms en hede
gedagtes van verlede.

Eer ek jou
my Moeder.

Vreugdevolle
Vredevolle moedersdag
Moeks.

image

Leave a comment

Filed under Uncategorized