Monthly Archives: August 2017

Vervloë Dae

Ek haal hul uit een vir een fotos grepe uit my verlede herleef die oomblikke en luister na die klop van my hart elke klop ‘n oomblik, die lewe bestaan uit oomblikke net soos elke klop maar die kloppe van die hart is getel, joune dalk meer as myne dalk minder wie sal weet maar weet verseker hulle is getel. Stadig pak ek die fotos terug wetend dit was oomblikke van die verlede net soos hartkloppe reeds verby. © Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Eensaam

Eensaam roep ‘n kiewiet
muise skarrel om en in sy geraamte
hy bloei stadig
skaam versteek tussen vaalbos
effe begrawe in rooigrond
gestroop van vroeëre glorie,
leë oë gestreep met roes
deur en venster reeds verwoes.

© Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Aalwyn 

Bitter sap 

maar bitter mooi 

smeer dit aan 

dan verdwyn die plooi 
© Gois 

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Die Reënspinnekop 

Reënspinnekop is jou naam 

ai maar die mense maak my skaam 

hulle ril en gil 

as hulle jou en my sien saam. 
© Gois 

Leave a comment

Filed under Uncategorized