Monthly Archives: October 2016

VERS- OP- VERS

 

Die glasboog span wyd oor die see

die knorhaan langs spatsels ys

waar name vasgevang

silwer hang

tot die son die ewigheid vervang

en smelt tot niks

die druppel ys

————————————————————————–

Naals nes hare

voet en liggaam dek

gedagtes nes skubbe van die vis

gekrap en dan gevlek

dis my lewe tot dat ek vrek

dieselfde stank

==========================================================================

Waar is die waarheid

ontglip soos die skadu die lig

die lewe is ‘n klug

gedek in kleure vaal

==========================================================================

Bloed vloei rooi langs die pad van jou lewe

jy het hom gewond

die spies in SY sy gesteek

die spykers in gehamer

met jou lewe

Hy glimlag sag

onder die doringkroon

onthou die hel van jou lewenspad

verewig.

Leave a comment

Filed under Uncategorized