Monthly Archives: July 2017

Die Tarentaal 

Grootoog tuur jy oor die veld 

jou helm trots omhoog 

met jou kletter-kla stem 

roep jy die dag wakker 

en bont kom jou trop 

aan getrippel. 

‘n Nuwe dag het aangebreek. 
© Gois 

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Patrone 

Patrone van wit op grys 

of grys op wit 

delikaat gevorm 

elk uniek. 

kamoefleer jou lyf geheel 

versteek in gras en bos 

die Tarentaal veer. 
© Gois 

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Klank 

In die voue van klank 

lê iets verskuil 

Stadig vloei die gif 

selwande kan nie keer 

emosies swart gekleur

dit bloei uit in musiek 

trane was dit skoon 

melodie van genesing 

silwer klanke in die oor. 
© Gois 

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Hospitaal Gange 

Hospitaal Gange 

Eierdop wit mure

see-grys linoleum vloere 

‘n medisyne trollie wat chirp-chirp 

met ‘n voorwiel wat halsstarrig uitswaai 

gange van mense 

bekommerd 

fronsend. 

Jong doktertjies

loop verby 

vermy oogkontak 

elkeen te besig 

waar gaan ons heen 

wat gaan ons doen 

in die see-grys gange 

met eierdop wit mure 

chirpende trollies 

met uitswaai wiele. 
© Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Drome van Teer 

Woed golf die drome 

drome van pik en teer 

smorend val hul op my neer 

geen hoop nie meer 

net drome van teer.
© Gois 

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Eensaam 

Een spatseltjie kleur teen die vaal

een voëltjie op die tak 

eensaam ween die wind.

‘n Bossie blomme op ‘n graf 

geen kinderstemme

niks om oor te lag 

en eensaam ween die wind. 

Donker poele

donker nag 

en eensaam ween die wind. 

Grys na swart 

Ja eensaam ween die wind. 
© Gois 

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Limmeriek

Daar was eens ‘n man 

van Agtertang 

hy kry vir hom ‘n vrou 

wat sê sy wou 

dit klap en gil en fluit 

sal  my storie so afsluit. 

“Daar is nou baie” 
© Gois 

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Vertwyfeling 

Vertwyfeling 
Stadig lig hy sy kop 

geen silwerrand

altyd daar 

iewers versteek 

reg om jou moed te breek. 

Is ek reg 

dalk verkeerd 

die pad is glad 

vertwyfeling glimlag breed. 
© Gois 

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Soms, ja net soms. 

Soms wonder ek maar 

sou ek ‘n woord kon gryp 

tussen die wat so warrel en skarrel 

deur my gedagtes heen 

Dit neerpen 

ink op perkament 

vervorm 

verbuig 

tot ‘n sin 

‘n gedig 

tot ‘n heel ander gesig. 

Ja, soms wonder ek maar. 
© Gois 

Leave a comment

Filed under Uncategorized

I am Free 

Come closer to nature 

listen to the bush 

breathe the air of freedom 

feel the slowing of your pulse 

live the tranquillity 
Close your nose to the stink of civilization 

hear no more the hustle and bustle of greed 

wash away that that binds. 
Look at the stars on a clear night 

not through the haze of smog 
Throw your hands to the sky 

and shout 

“I am free ”
© Gois 

Leave a comment

Filed under Uncategorized