Monthly Archives: December 2018

Oud Vervang met Nuut.

En so verval die Ou-Jaar
sy bitter en sy soet
ons sing “Sal ons ou kennisse ooit vergeet”
nee die bitter en die soet van die Ou-Jaar sal ons nie vergeet
maar voor ons lê ‘n Nuwe-Jaar
‘n jaar van nuwe hoop
onbekend…
on-ontdek…
maar ja ‘n jaar van nuwe hoop.

© Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Toastmasters

I was once asked at a Toastmasters meeting to say something about a Good Year.

The time given to me to prepare was the time from my seat to the podium.

This was then my speech :

At this time of the year, we all have to prepare our budgets for the the new year.
As I needed new tyres for the company vehicle I had to decide on the brand and price. It came to me that there’s a brand advertising a vehicle racing on the rooftops, Continental, but as I was sure that I would be driving on the roads, I would not need those.
So I settled for Good Years.
Thank you for allowing me to share my New year’s budget with you.

© Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized

2018-2019

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Die Klanke van die Reën

Die Klanke van die Reën.

Kom luister saam met my
na die klanke van die reën
uit die wolke klink dit grys
oor die rots
skaterend soos kinders wat baljaar
op die sinkdak
fluisterend sag
in mistig arms in die Groot Bos
giggel-geel waar wolf en jakkals
in die sonskyn speel
grom-drom in vorme van ys
oor die veld vernietigend.
Ja die klanke van Reën.

© Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Die Leë Bankie

Ja saam het ons in die koue
op ‘n bankie in ‘n parkie
‘n warm-papsak-wyn gedeel
tot die dag dat die winter jou kom haal het
Nou sit ek alleen
met die warm-papsak-wyn
niemand om dit mee te deel
op ‘n leë bankie
in ‘n stil parkie.

© Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Die Slinger Spoor

Die Slinger Spoor.

Jou spore loop slingerend deur die land
eens blink
nou meestal roes-dof.

Jy met jou waens gevul met mens en dier
verby stasies met vrolik gekleurde blombakke
nou vervalle murasies.

‘n Era van welvaart
van arbeid en hoop
nou ‘n verstokte droom.

Jou fluit en klik-klak
blasend stoom
vervang deur diesel en oordraad krag.

Swart monsters
syspoor ridders
rus nou sag.

© Gois

1 Comment

Filed under Uncategorized

Maanskyn

Maanskyn.

Die maan skyn tussen deur die wolke vanaand
in maanskyn kolle kan jy dalk weer die feetjies sien dans
helder verlig
hul vang die maan se strale
weef dit saam in krale
vir kindertjies klein
soos pêrelkranse te dra
om die donker te verja.

© Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized