Die kunstenaar het ‘n prentjie in sy kop
met skaaf en skuur maak hy die beeld perfek
botsende kleure
met die kwas verskyn ‘n kunswerk op die doek.
Ons word saam geplaas
gemeng
skaaf mekaar
skuur mekaar
word ‘n kunswerk in lewe
onthou.
Dankie vir die tyd saam met julle
julle het my geskaaf
geskuur
verander tot ‘n beter ek.
© Gois