Die Kankerpad
loop jy nie alleen
familie
vriende
selfs vreemdelinge kom vat jou hand
om saam te stap.
In die kliniek met sy uitskop Lazyboys
waar die chemo drup-drup-drup
sit ons kaalkop
oud en jonk
my moermeter skop in die rooi
Heer
kinders en ander jongens
neem ons oues
gee die kinders en jongens nog ń kans
drup-drup-drup.
Die uitslag kom
chemo het nie gewerk
die vlam van hoop verdof
maar ń kleine vonkie
bly brand tog.
Gois