Hy bekruip jou stil
maar eendag
ja eendag spring hy op
en sê “het jou!”.
Die nuus is skrikwekkend
ń vlaag van verlatenheid oortrek jou
jy vra …
“hoekom ek?”
huil jou hart uit
sonder troos.
Antwoord jouself…
hoekom nie ek nie
wat is ek beter as ń ander
jy maak vrede
leef nou van dag tot dag
besef dat kanker
ń genade siekte is…
jy het kans om reg te maak.
Jou lewe is nie in mensehande nie
Alleenlik in SY GENADE.
Gois
Die woorde van iemand wat sterk is deur Sy genade. Baie dankie Gois, jy is ‘n inspirasie vir vele.
LikeLike