Ek Roep na Jou

Ek Roep na Jou

Ek roep na jou
die roep galm deur die Langkloof
en keer terug na my
my kindwees dae.

Wit vlek die skaap die grys hange
Renosterbos reuk hang swaar
soos die wit rook styg
bitter sterk swart koffie prut in die pot.

Die winkelposkantoor lê links
regs die appelboorde
groen hang die Granny Smiths
en rooi glinster die soet Star Kings.

Noll en Campferstasie
sien ek weer in my geestesoog
vêr voor lê die afdraai links na die Outenikwa-pas
met die hoë Hops prieële regs.

Die bopunt van die pas verberg in die mis
giggelende waterstrome skaars hoorbaar
ek roep weer na jou
maar my jeug is verewig verby en sal nie antwoord nie.

© Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s