Verbeelding

Verbeelding

‘n Borrelende bron van kennis
tyd-masjien van die hede
toekoms en verlede.
Vertel van die Kind se geboorte
sit in die stal
deel in die engelesang
of dit is in Desember
of Maart is nie tersaak.
Die ou man
met die spierwitte baard
wat jou nooi vir ‘n kuier
in die noorder pool
is dit waar of nie
maak nie saak.
Sien die stok
dit word ‘n magiese swaard
die helder-kleure-blom
jy, ‘n fee-prinses
laat jou stom.

Knip die verbeeldingsvlug se vlerk
kokon die kind
in grys-modder en roet bestaan
ontneem hom sy borrelend tyd-masjien.
Jy behoort jou te skaam!

© Gois

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s