Die Vraag.

Die Vraag.

Die liefdevolle God wat ons aanbid
is ‘n God van die toekoms
die Hiernamaals God.

Waar is die liefdevolle God
vir die Hier en Nou?

Ek sien ‘n oumens wat ly
met pyn deurdrenk
waar is die liefdevolle God
‘n God vir die Hier en Nou?

Antwoorde kom in clichés
clichés waarop ons moet steun
ek vra weer
waar is die liefdevolle God
‘n God vir die Hier en Nou
se pyn.

Stap deur die hospitale
sien die kinders in die sale
waar is die liefdevolle God
‘n God vir die Hier en Nou?

Ons weet ons leef in ‘n gebroke wêreld
is dit die cliché antwoord waarop sy moet steun vir haar Vrees en Pyn
voor sy sterf in die rioolput?
Waar is die liefdevolle God
‘n God vir die Hier en Nou.

Ons cliché antwoorde
word ons verweer
om die liefdevolle God
‘n God vir die Hier en Nou
om die wat Vrees
wat Ly
wat Pyn verduur
te troos.

Waar is die God van Liefde
‘n God vir die Hier en Nou?

© Gois

3 Comments

Filed under Uncategorized

3 responses to “Die Vraag.

  1. Ek dink die God van hier en nou is in elkeen van ons en daar waar seer, alleen en lyding is moet ons liefde en empatie tasbaar betoon word. Die God van hier en nou vereis Jesus aksie van sy kinders. Jy het my aam die dink oor die mensdom en geloof. Seënwense.

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s